Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Joho!

@ Sunday Times Books LIVE

Hestrie Cloete het simpatie met Caster Semenya

My Pyn, My GlorieCaster SemenyaSuid-Afrika moet Caster Semenya ondersteun en dankbaar wees vir die goue medalje wat sy vir hulle gewen het.

Só het Hestrie Els (née Cloete) gereageer op die herrie wat oor Semenya se geslag ontketen is. “Ek voel mense moenie iemand oordeel op dit wat jy dink die waarheid is voordat dit nie bewys is nie,” het sy aan Volksblad gesê.

Dat Els, as ‘n tweemalige wêreldkampioen-hoogspringer, ook met hewige druk op internasionale vlak en oordeel van toeskouers te doen gekry het, blyk duidelik uit haar biografie My Pyn, My Glorie wat in 2008 by Joho! Uitgewers verskyn het.

Die stories wat nou rondlê dat Caster Semenya, die nuwe wêreldkampioen in die 800 meter vir vroue, nie ’n vrou is nie, steel haar geluk.

Met dié woorde het Hestrie Els (née Cloete), Suid-Afrika se tweemalige wêreldkampioen-hoogspringer, gister uit Nieu-Seeland vir Semenya in die bres getree.

“Ek is baie bly vir Caster. Ek voel die mense moet haar ondersteun en dankbaar wees vir die goue medalje wat sy vir Suid-Afrika gewen het,” het Hestrie gesê.

Sy, haar man, die sanger Jurie Els, en hul kinders woon deesdae in Nieu-Seeland.

“Dit was haar (Semenya se) beste dag so ver op die atletiekbaan. Dit verg harde werk om ’n goue medalje te wen en sy het nou die vrugte van dié harde werk gepluk.

Boekbesonderhede

Image courtesy the Huffington Post

 

Please register or log in to comment