Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Joho!

@ Sunday Times Books LIVE

Hestrie Cloete Els en haar ouers maak vrede

My Pyn, My GlorieJurie Els en Hestrie Cloete ElsSA hoogspring kampioen Hestrie Cloete Els het al gesorg vir heelwat opskuddings in haar tyd – van rekordbrekende spronge tot familievetes- die skindertonge het geklap. Die outeur van My Pyn, My Glorie is deesdae terug in Suid-Afrika en in die nuus, maar hierdie keer met ‘n pragtige storie van versoenning. Cloete Els het die afgelope naweek haar kinders vir die eerste keer aan hul oupa en ouma gaan voorstel.

Hestrie Els, die Olimpiese atleet en vrou van die sanger Jurie Els, wat nou in Nieu-Seeland woon, het Sondag tydens ’n emosionele besoek vrede met haar ouers gemaak.

Sy het hulle vir die eerste keer in drie jaar gesien.

Hestrie het gister van Pretoria na Coligny gery om haar kinders, Chrizette (3) en Jason (16 maande), vir hul ouma en oupa, Martie en Willem Storbeck, te gaan wys.

En daar was baie trane, sê Hestrie.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan News24

 

Please register or log in to comment