Allan Boesak praat uit oor Afrikaners se eksklusiewe opstand
Allan Boesak praat reguit oor wat hy sien as die Afrikaner se eksklusiewe opstand teen die regering. Boesak meen alle Suid-Afrikaners is kwaad oor dieselfde dinge: armoede, werkloosheid, swak dienslewering en wonder hoekom ons nie saam daarteen baklei nie? Allan se nuutste boek is Running with Horses.
‘Wit mense toi-toi nie,” sê my Afrikaner-vriend in ’n gesprek êrens in 2008.
Ek was toe besig met ’n ronde gesprekke oor die totstandkoming van ’n nuwe burgerlike beweging, ’n soort UDF (waaroor ek sien Max du Preez ook nou die aand in Oos-Londen gepraat het).
Oop, nie-rassig, betrokke, vasberade om ons burgerlike verantwoordelikheid op te neem, die regering en politici vas te vat en tot verantwoording te roep.
Die bedoeling was daadwerklike, nie-gewelddadige optrede op verskillende vlakke, sodat politici gedwing sou word om na ons te luister. Daar was in die algemeen groot entoesiasme vir so iets.
Boekbesonderhede
- Running with Horses: Reflections of an accidental politician deur Allan Boesak
Boektuisblad
EAN: 9780980275483
Find this book with BOOK Finder!
» read article

