Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Joho!

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Afrikaans’ Category

Dirk Nagtegaal maak maermenskos met heerlike resepte

Dirk Nagtegaal

Kok en SkinkerDirk Nagtegaal, die outeur van Kok en skinker, is ‘n man wat lief is vir die soet goed, die ryk, romerige, vetmaak goed in die lewe. Díe dat hy toe effe swaarmoedig raak toe die dieëtkundige hom laat diet. Gelukkig red ‘n vriendin hom met fantastiese, gesonde, resepte vir bouillabaisse, lae GI-brood en vars perskes in wyn vir poeding. Smul lekker saam met Dirk.

Soos dit ’n vetvreter betaam, hou ek van sagte kos verpulp in botter, room, Brie de Meaux, camembert en caciocavallo. Sjokolademousse. Ek hou van biltong met ’n dik, deurskynende vet rand om die vleis te olie op sy pad binne toe. En bros­gebraaide spek saam met my eiers. Ek gebruik graag heldergeel, romerige botter op my brood, tandemerk dik, asseblief, en vars room in alle sop en souse. Ek kan nie slaap voordat ek my nagtelike rytjie Belgiese sjokolade met toe oë gesuig het nie.

En die dieetvrou klap met haar pen op haar boekie en sy lyk vir my presies soos ’n kosspietkop.

“Dis nie die einde van die wêreld nie,” sê sy. “Van vet alleen kan geen mens leef nie. Ons gaan jou ontgif met vars vrugte en groente en water. Daarna stoom ons vis; jy sal ná ’n paar dae lief raak vir die smaak daarvan. Bly vir minstens ’n paar weke van rooivleis en vette af weg,” sê sy.

Boekbesonderhede

Foto te dank aan Rapport


» read article

Dirk Nagtegaal, outeur van Kok en Skinker, maak ontbyt, resepte hier ingesluit

Dirk Nagtegaal

Kok en SkinkerOuteur van Kok en Skinker, Dirk Nagtegaal is ‘n man wat lief is vir die lewe, ‘n man wat die goeie dinge kan geniet. Hy en ‘n sekere Mevrou X het onlangs besluit om ‘n impromptu partytjie te hou – oor hulle kan. Hiermee volg sy resepte vir ‘n ongelooflike ontbyt soos gepubliseer in Rapport. Die Aspersietert klink hemels!

Oktober tussen die Weskus se varkore en hemelblou lug belowe ek almal by die kantoor dat ek vir eers ’n bietjie ondergronds gaan en besige plekke soos raadsale en vergaderings gaan vermy. So kruip November toe salig en sonder afsprake op my af. Vir die res van my vriende is November ’n besige maand. Jaarverslae, jaarbeplannings, jaareindpartytjies en stres steel my vriende se tyd. Ek is eensaam. Voor die hele Gauteng op my toesak, moet ek tog my vriende groet. Ek sien die locals eers weer teen Februarie wanneer almal moeg en gehawend ná Desember se oordaad uit hul wegkruipplekke strompel.

Boekbesonderhede


» read article

Video: Nicole Holm lees van Jeanne Goosen se verse by Versindaba 2009

LouoondElders aan diensOns is nie almal so nieLiefhebbers van die Afrikaanse skrywer en digter Jeanne Goosen het hierdie jaar ‘n ware present gekry by Versindaba 2009. Nicole Holm het met passie van haar verse daar voorgelees. Jeanne Goosen is die digter agter Elders aan diens en die outeur van Ons is nie almal so nie asook die treffer, Louoond.
Kyk gerus:

YouTube Preview Image

Book details


» read article

Daleen Kruger wen die 2009 Nagtegaal teksprys met Draadwerk

Kok en SkinkerDirk NagtegaalDit was onlangs weer tyd vir die Nagtegaal-teaterteks prys kompetisie. Christelle Webb-Joubert van RSG het met Dirk Nagtegaal gepraat oor die vyf finaliste en hoe die wenner verkies word. Dirk is self ‘n skrywer, sy nuutste boek is Kok en Skinker.

En die wenner is: Daleen Kruger!

Die Afrikaanse webblad Roekeloos vertel meer oor Daleen en haar dramastuk Draadwerk. Verwagtinge vir die stuk is hoog na die sukses van Rachelle Greeff se Naaimasjien verlede jaar (die 2008 Nagtegaal-teaterteks prys).

Oor die wenstuk Draadwerk was die paneel dit eens dat die teks op briljante wyse die leser uit ‘n vars hoek laat kyk na die kwessie van kuns en kunstenaarskap.

Aan die hand van die verhouding tussen Helen Martins en Koos Malgas, word die wroeging en besieling van beide hierdie kunstenaars en hul onderskeie interpretasies van die werklikheid om hulle met die fyn kwas van ‘n mede-kunstenaar geskilder.

Boekbesonderhede


» read article

Listen to Amanda Strydom’s “Pelgrimsgebed”

KaalvoetAmanda Strydom has been a forceful presence in both the local and international music scene for 0ver 30 years now. With her powerful lyrics and husky voice she entrances her audience. In 2005 she published some of her lyrics in an anthology caleld Kaalvoet.

If you don’t already know everything about Amanda take a look at the (English) bio below. We also bring you a song from her latest album Kerse in die donker, entitled “Pelgrimsgebed”.

After an abscence of three years from her entertainment career, Amanda returned to the stage in 1992 by writing and staging her own shows with great success and to wide critical acclaim.

Her compilation album, “Ek loop die pad, 20 jaar”, was released in 2000 and celebrates 20 years of Amanda's life in songs.

Amanda's latest cd – Kerse teen die donker – now available (and no, she did not foresee the loadshedding…)

YouTube Preview Image

Book details


» read article

Hestrie Cloete Els en haar ouers maak vrede

My Pyn, My GlorieJurie Els en Hestrie Cloete ElsSA hoogspring kampioen Hestrie Cloete Els het al gesorg vir heelwat opskuddings in haar tyd – van rekordbrekende spronge tot familievetes- die skindertonge het geklap. Die outeur van My Pyn, My Glorie is deesdae terug in Suid-Afrika en in die nuus, maar hierdie keer met ‘n pragtige storie van versoenning. Cloete Els het die afgelope naweek haar kinders vir die eerste keer aan hul oupa en ouma gaan voorstel.

Hestrie Els, die Olimpiese atleet en vrou van die sanger Jurie Els, wat nou in Nieu-Seeland woon, het Sondag tydens ’n emosionele besoek vrede met haar ouers gemaak.

Sy het hulle vir die eerste keer in drie jaar gesien.

Hestrie het gister van Pretoria na Coligny gery om haar kinders, Chrizette (3) en Jason (16 maande), vir hul ouma en oupa, Martie en Willem Storbeck, te gaan wys.

En daar was baie trane, sê Hestrie.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan News24


» read article

Lees Elna Crouse, outeur van Gestaltes van ‘n dogter, se gedigte

Gestaltes van 'n dogterElna Crouse is die outeur van die digbundel, Gestaltes van ‘n dogter wat handel oor die verhouding tussen ‘n ma en haar dogter . Ons het ‘n paar van haar gedigte op die internet raakgeloop so, vir ‘n bietjie poësie na middagete, lees verder…

Afrikaans

ek kan my oë vlugtig oor die boekblaaie stuur

die woord staan pretensieloos op papier

foneties in skryfsimbool uitgestal

maklik vir die tong om op te tel

in klanke aards en rond

wat ribbelend op r’e rol

grinterig in g’s gons

en vloei uit my mond

soos water oor spoelklip

die bron is ‘n hartfontein

wat opwel en oorloop en vul

leegtes vanaf harspan tot abdomen

Boekbesonderhede


» read article

Marlize Hobbs, Author of Flarde, Experiments with Online Publishing

FlardeMarlize Hobbs & Leandi Erasmus Her debut novel in 2005, Flarde, won three literary awards; the Eugene Marais prize, the University of Johannesburg Debut prize and the Jan Rabie/Rapport prize for innovative writing in Afrikaans.

Now, Marlize Hobbs is back, with the beginnings of another novel, Divine Prostitute / The Girl in the Birds Nest – the first 100 pages of which she has published on her blog, encouraging readers to give their feedback. A brave experiment in online publishing! Read an excerpt below.

In the haunted room, there is a book. She did not write it, it wrote her.

In this ghost room there is a child. She wears blue pajamas and has a frail body and curious eyes. She watches Mary, her every move, but she does not watch over Mary. She is half hidden behind the door, her eyes peering into the distance where she finds the face of the woman known by her full name: Mary Magdalene.

Mary is always aware of the child: her silences, her silent screams. Sometimes Mary knows the child’s dreams. Mary is aware of the way this child looks up at the stars and it reminds her of someone she used to know:

Book details


» read article

Die Nagtegaal romans

Reinet Nagtegaal en Jackie Nagtegaal

Die Nagtegaal ma-en-dogter-duo, Reinet en Jackie het al heelwat bygedra tot Afrikaanse letterkunde en vele lesers betower met hulle unieke stories. As jy nog nie van hul boeke gelees het nie, of wonder watter ander beskikbaar is, kyk gerus hierna:

In LimboIn Limbo

Die twee lewe in limbo in hul rykmanswêreld teen die hange van Tafelberg, in ’n huis wat hulle besig is om te vergroen. Die ma verdryf haar tyd as lewensmentor saam met haar poedel en katelknaap. Die dogter is ’n jong entrepreneur wat haar winste gebruik en die land volrits om opbouende praatjies oor straatkinders te lewer.

Abra K'DabraAbra K’Dabra

In hierdie roman word die stroewe regstelsel teenoor die metafisiese wereld geplaas. Dit handel oor drie vroue (‘n regter, ‘n skoonmaker en ‘n advokaat) wat binne die strak parameters van ‘n regspraktyk soos wafferse hekse met ou resepte van alchemiste en die geheime uit die titel van die skepping speel. Die verhaal ondersoek die skeppingskrag van woorde en hoe die karakters deur taalgebruik hul woorde laat transponeer in werklikheid en so verantwoordelik raak vir hul eie en ander se noodlot. Die verhaal is deurspek met surrealisme, galge humor en ‘n blik op fragiele mense. Daar is liefde en verraad, die ontmaskering van alles wat hoog en verhewe lyk en die slotsom dat sinloosheid die hoofkarakters dryf om na wysheid te streef en dat wysheid hulle uiteindelik weer met sinloosheid konfronteer.

According to DeloresAccording to Delores

According to Delores begins from a startling premise. In a country where rape and violence have become part of daily life, the matter-of-fact prose offers an unsettling illumination on the mindset of those who adapt to pain. Like Delores who is slightly forty, slightly dotty, totally irresistible and there are fourteen storeys in her heart. Delores is a has-been actress. She has a son whose father she has never been able to identify, and a daughter whose father is the big love of her life who left her one night in love. Delores knows no boundaries: she dances with joy and with pain. When the fullness of this world becomes too much for her, she takes her daughter to the corner for street theatre. To her name clings the sound of tears. She is the queen in King Solomon’s songs; she is also the queen of lament, bigger than life itself, a resurrected jester.

Daar's Vis in die PunchDaar’s vis in die punch

Op sestien kort mens nog jou ouers se toestemming vir alles. Maar nie Charlie Koekemoer nie. Sy is van kleins af geleer om selfstandig te wees. Op drie kon sy brood smeer, op vyf hotdogs in die microwave maak … En nou, in Graad Elf, behandel haar advokat…

Alternative RealitiesAlternative Realities

This novel presents a mock-memoir of one weekend in the life of a teenager, Charlie Johnson, and her rebellious encounters with the world around her. Although many parts of the title are funny, filled with the author’s quirky sardonic humour, there is an underlying sadness as Charlie realizes that despite her attempts to be different, there is simply no way to avoid the pain of growing up in these times.

Boekbesonderhede


» read article

Gesels met Dirk Nagtegaal oor Kok en Skinker by Aan de Doorns Wynkelder

Kok en SkinkerKom kuier saam met Dirk Nagtegaal, outeur van die gewilde Kok en Skinker by die Aan de Doorns Wynkelder op die 21ste Oktober 2009.

Besprekings is noodsaaklik!

  • Datum: Woensdag, 21 October 2009
  • Tyd: 6:30 NM vir 7:00 NM
  • Lokaal: Aan de Doorns Wynkelder, Op die R43 vanaf Villiersdorp Padkaart
  • RSVP: Elzabe Morkel, 072 096 9355

Sien jou daar!

Boekbesonderhede


» read article