Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Joho!

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Awards’ Category

Daleen Kruger wen die 2009 Nagtegaal teksprys met Draadwerk

Kok en SkinkerDirk NagtegaalDit was onlangs weer tyd vir die Nagtegaal-teaterteks prys kompetisie. Christelle Webb-Joubert van RSG het met Dirk Nagtegaal gepraat oor die vyf finaliste en hoe die wenner verkies word. Dirk is self ‘n skrywer, sy nuutste boek is Kok en Skinker.

En die wenner is: Daleen Kruger!

Die Afrikaanse webblad Roekeloos vertel meer oor Daleen en haar dramastuk Draadwerk. Verwagtinge vir die stuk is hoog na die sukses van Rachelle Greeff se Naaimasjien verlede jaar (die 2008 Nagtegaal-teaterteks prys).

Oor die wenstuk Draadwerk was die paneel dit eens dat die teks op briljante wyse die leser uit ‘n vars hoek laat kyk na die kwessie van kuns en kunstenaarskap.

Aan die hand van die verhouding tussen Helen Martins en Koos Malgas, word die wroeging en besieling van beide hierdie kunstenaars en hul onderskeie interpretasies van die werklikheid om hulle met die fyn kwas van ‘n mede-kunstenaar geskilder.

Boekbesonderhede


» read article

Onderhoud met die Jan Rabie/Rapport-prys wenner Karin Cronjé

Alles mooi weerKarin CronjeKaren Cronjé se Alles Mooi Weer het Saterdagaand met Jan Rabie/Rapport-prys vir innoverende Afrikaanse letterkunde weggestap. Lees hier hoe sy met Die Burger gesels oor die wegval van sekerhede, “’n hart wat ’n liggaam uitmekaar kan skop” en haar kragtoer in die erotiese woordeskat van Afrikaans.

Ná ‘n stilte van tien jaar verskyn daar uit die bloute ’n roman van Karin Cronjé met die ironiese titel Alles Mooi Weer. Dit verskyn by Genugtig Uitgewers, wat reeds naam gemaak het deur die andersoortige of subversiewe romanteks te publiseer. En aweregse digkuns soos Jeanne Goosen se skitterende Elders aan Diens. Ek ontmoet die skrywer in Col’Çacchio, een van my gunsteling-restaurante, en die eienares skenk aan ons ’n duur bottel wyn. Die fotograaf neem ’n paar kiekies en ek wikkel ook my klein digitaal.

Ek het vooraf ’n paar vrae aan Karin gestuur, maar sy het verkies dat ons ook in lewende lywe oor die roman praat. Ons gesels oor haar verblyf in die buiteland – sy het in Korea klasgegee – en hoe sy daar eenvoudig afgesluit was van Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde. Op my vraag waarom sy so lank gewag het om ná haar debuut, Vir ’n Pers Huis, te publiseer, antwoord sy:

“Was dit maar dat ek lank gewag het Hierdie boek het begin met ’n woordelose gevoel, en jy kan dink dat om van vae gevoel tot boek te promoveer, nogal tyd kos. Ek het so ’n ruk gelede op ’n A4-vel papier afgekom waarop ek hierdie gevoel wou uitdruk. Die bladsy was in twee verdeel – met ’n dik streep daardeur. Bo het goed aangegaan, en onder iets heel anders. Ek sien nou JM Coetzee se nuutste is so. Maar nou ja, hy is ’n meester. Die gevoel was iets van verdeling, amper soos ’n lyn wat ’n liggaam horisontaal deursny.

(more…)


» read article