Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Joho!

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Fiction’ Category

Video: Nicole Holm lees van Jeanne Goosen se verse by Versindaba 2009

LouoondElders aan diensOns is nie almal so nieLiefhebbers van die Afrikaanse skrywer en digter Jeanne Goosen het hierdie jaar ‘n ware present gekry by Versindaba 2009. Nicole Holm het met passie van haar verse daar voorgelees. Jeanne Goosen is die digter agter Elders aan diens en die outeur van Ons is nie almal so nie asook die treffer, Louoond.
Kyk gerus:

YouTube Preview Image

Book details


» read article

Marlize Hobbs, Author of Flarde, Experiments with Online Publishing

FlardeMarlize Hobbs & Leandi Erasmus Her debut novel in 2005, Flarde, won three literary awards; the Eugene Marais prize, the University of Johannesburg Debut prize and the Jan Rabie/Rapport prize for innovative writing in Afrikaans.

Now, Marlize Hobbs is back, with the beginnings of another novel, Divine Prostitute / The Girl in the Birds Nest – the first 100 pages of which she has published on her blog, encouraging readers to give their feedback. A brave experiment in online publishing! Read an excerpt below.

In the haunted room, there is a book. She did not write it, it wrote her.

In this ghost room there is a child. She wears blue pajamas and has a frail body and curious eyes. She watches Mary, her every move, but she does not watch over Mary. She is half hidden behind the door, her eyes peering into the distance where she finds the face of the woman known by her full name: Mary Magdalene.

Mary is always aware of the child: her silences, her silent screams. Sometimes Mary knows the child’s dreams. Mary is aware of the way this child looks up at the stars and it reminds her of someone she used to know:

Book details


» read article

Die Nagtegaal romans

Reinet Nagtegaal en Jackie Nagtegaal

Die Nagtegaal ma-en-dogter-duo, Reinet en Jackie het al heelwat bygedra tot Afrikaanse letterkunde en vele lesers betower met hulle unieke stories. As jy nog nie van hul boeke gelees het nie, of wonder watter ander beskikbaar is, kyk gerus hierna:

In LimboIn Limbo

Die twee lewe in limbo in hul rykmanswêreld teen die hange van Tafelberg, in ’n huis wat hulle besig is om te vergroen. Die ma verdryf haar tyd as lewensmentor saam met haar poedel en katelknaap. Die dogter is ’n jong entrepreneur wat haar winste gebruik en die land volrits om opbouende praatjies oor straatkinders te lewer.

Abra K'DabraAbra K’Dabra

In hierdie roman word die stroewe regstelsel teenoor die metafisiese wereld geplaas. Dit handel oor drie vroue (‘n regter, ‘n skoonmaker en ‘n advokaat) wat binne die strak parameters van ‘n regspraktyk soos wafferse hekse met ou resepte van alchemiste en die geheime uit die titel van die skepping speel. Die verhaal ondersoek die skeppingskrag van woorde en hoe die karakters deur taalgebruik hul woorde laat transponeer in werklikheid en so verantwoordelik raak vir hul eie en ander se noodlot. Die verhaal is deurspek met surrealisme, galge humor en ‘n blik op fragiele mense. Daar is liefde en verraad, die ontmaskering van alles wat hoog en verhewe lyk en die slotsom dat sinloosheid die hoofkarakters dryf om na wysheid te streef en dat wysheid hulle uiteindelik weer met sinloosheid konfronteer.

According to DeloresAccording to Delores

According to Delores begins from a startling premise. In a country where rape and violence have become part of daily life, the matter-of-fact prose offers an unsettling illumination on the mindset of those who adapt to pain. Like Delores who is slightly forty, slightly dotty, totally irresistible and there are fourteen storeys in her heart. Delores is a has-been actress. She has a son whose father she has never been able to identify, and a daughter whose father is the big love of her life who left her one night in love. Delores knows no boundaries: she dances with joy and with pain. When the fullness of this world becomes too much for her, she takes her daughter to the corner for street theatre. To her name clings the sound of tears. She is the queen in King Solomon’s songs; she is also the queen of lament, bigger than life itself, a resurrected jester.

Daar's Vis in die PunchDaar’s vis in die punch

Op sestien kort mens nog jou ouers se toestemming vir alles. Maar nie Charlie Koekemoer nie. Sy is van kleins af geleer om selfstandig te wees. Op drie kon sy brood smeer, op vyf hotdogs in die microwave maak … En nou, in Graad Elf, behandel haar advokat…

Alternative RealitiesAlternative Realities

This novel presents a mock-memoir of one weekend in the life of a teenager, Charlie Johnson, and her rebellious encounters with the world around her. Although many parts of the title are funny, filled with the author’s quirky sardonic humour, there is an underlying sadness as Charlie realizes that despite her attempts to be different, there is simply no way to avoid the pain of growing up in these times.

Boekbesonderhede


» read article

Erika Tereblance vertel Karin Cronje se lewensverhaal

Karin CronjeAlles mooi weerKarin Cronje het die 2009 Jan Rabie/Rapport-prys vir Alles mooi weer gewen.

Haar debuut, Vir ’n pers huis (1998, Human & Rousseau), het ’n lang pad geloop. Dit was geen goedkoop vinnig sit en tik nie. Daar was stukkies papier en gedagtes agterop foto’s wat alles later ’n legkaart gevorm het wat net lê en wag om gebou te word. Sy werk amper vyf jaar aan hierdie roman, waarin sy eerlik oor ’n vrou se emosies skryf – haar intieme, subjektiewe en emosionele van hartseer en hartstog. Karin vertel dat baie vriendinne hul pyn en ervarings met haar gedeel het, en sy kon dit deel maak van die roman. Sy laat die getroude hoofkarakter deur ’n pynlike proses van selfontdekking en uiteindelik bevryding gaan, skryf Stephanie Nieuwoudt. Sy klim in Klara, die hoofkarakter, se psige en behoeftes in en laat in die proses min dinge ongesê, veral wat lyflike behoeftes betref.

Teenoor Hilda Grobler erken sy in Vrydag dat sy die boek begin skryf het omdat sy woedend was vir die leuens wat mense leef. “Vroue maak asof alles fantasties is. Veral die ma’s doen dit. Ons gee voor ons is vreeslik gelukkig in ons lewens en stap rond met glimlagte. Ek weet dit is nie waar nie. Toe besluit ek om te skryf wat ek waarneem, om die ‘conspiracy of silence’ te verbreek. [...] Tweedens fassineer die versteekte goeters my. Ek het gaan grawe en gaan soek na wat daar in die psige aangaan. Baie van wat in die roman is, kom uit wat vroue my oor die jare vertel het van wat hulle dink en voel. [...] Woede transformeer in iets anders. Met die skryf van die roman kon ek iets doen met die woede. Ek het nie depressief geword nie. Na die skryf is daar definitief ’n verandering in my. Met die skryf het die aflê van goed gekom. Ek sou dit nie as suiwering beskou nie. Ek het omtrent vyf jaar aan die boek gewerk. Deur die lang skryfproses onderwerp jy jouself aan die waarheid in jou – dit wat verborge is binne jou.

(more…)


» read article

Onderhoud met die Jan Rabie/Rapport-prys wenner Karin Cronjé

Alles mooi weerKarin CronjeKaren Cronjé se Alles Mooi Weer het Saterdagaand met Jan Rabie/Rapport-prys vir innoverende Afrikaanse letterkunde weggestap. Lees hier hoe sy met Die Burger gesels oor die wegval van sekerhede, “’n hart wat ’n liggaam uitmekaar kan skop” en haar kragtoer in die erotiese woordeskat van Afrikaans.

Ná ‘n stilte van tien jaar verskyn daar uit die bloute ’n roman van Karin Cronjé met die ironiese titel Alles Mooi Weer. Dit verskyn by Genugtig Uitgewers, wat reeds naam gemaak het deur die andersoortige of subversiewe romanteks te publiseer. En aweregse digkuns soos Jeanne Goosen se skitterende Elders aan Diens. Ek ontmoet die skrywer in Col’Çacchio, een van my gunsteling-restaurante, en die eienares skenk aan ons ’n duur bottel wyn. Die fotograaf neem ’n paar kiekies en ek wikkel ook my klein digitaal.

Ek het vooraf ’n paar vrae aan Karin gestuur, maar sy het verkies dat ons ook in lewende lywe oor die roman praat. Ons gesels oor haar verblyf in die buiteland – sy het in Korea klasgegee – en hoe sy daar eenvoudig afgesluit was van Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde. Op my vraag waarom sy so lank gewag het om ná haar debuut, Vir ’n Pers Huis, te publiseer, antwoord sy:

“Was dit maar dat ek lank gewag het Hierdie boek het begin met ’n woordelose gevoel, en jy kan dink dat om van vae gevoel tot boek te promoveer, nogal tyd kos. Ek het so ’n ruk gelede op ’n A4-vel papier afgekom waarop ek hierdie gevoel wou uitdruk. Die bladsy was in twee verdeel – met ’n dik streep daardeur. Bo het goed aangegaan, en onder iets heel anders. Ek sien nou JM Coetzee se nuutste is so. Maar nou ja, hy is ’n meester. Die gevoel was iets van verdeling, amper soos ’n lyn wat ’n liggaam horisontaal deursny.

(more…)


» read article

Nagtegaal ma-en-dogter-paar is ‘n inspirasie

In LimboReinet Nagtegaal en Jackie NagtegaalDie band tussen ma en dogter is meer kompleks as die verhouding tussen vriendinne.”

Só het Reinet Nagtegaal aan Sarie gesê oor haar verhouding met haar dogter Jackie. Dié twee, wat onlangs saam die boek In Limbo geskryf het, word deur Sarie as ‘n inspirerende ma-en-dogter-paar voorgehou.

Jackie het aan Sarie gesê sy wil nie met haar ma wedywer nie, maar soortgelyke sukses behaal… “met ‘n Jackie-twist”.

Volgens die skryfpaar bots hulle “net sekondes lank oor dinge soos dat Dirkie (Jackie se seuntjie) nie sjokolade moet eet voor ete nie”:

Reinet en Jackie Nagtegaal“As kind was die eerste begrip wat ek geleer het audi alteram partem,” vertel Jackie.

“In Latyn beteken dit om jou kant van die saak te stel. Dis die grootste geskenk van ‘n ouer aan ‘n kind.”

Daar was min konflik tussen haar en Reinet.

“Die fase waarin ek die meeste van haar gehou het, was toe ek ‘n moeilike tiener was. My vriende het aan haar lippe gehang. Sy was nie voorskriftelik nie en het saam met ons goed ondersoek. Sy was die coolste ma, want sy het in ‘n geel kar gery en in plakkies met dalmation prints rondgeloop . . .”

Jackie wil nie met haar ma wedywer nie, maar wil graag Reinet se sukses en soortgelyke mylpale behaal, met ‘n Jackie-twist. Soms wil sy wel haar ma se afstandbeheerknoppie na slowmotion draai. “Sy deurdink nie alles 100% nie en tree soms tot haar eie nadeel op, of maak dalk mense seer deur nie te dink voor sy iets sê nie.”

(more…)


» read article

Willemien Brümmer kuier by die Nagtegaals

In LimboWillemien Brümmer het in die Nagtegaals se huis in Melkbosstrand gaan kuier. Lees op die Burger se webblad haar vermaaklike onderhoud met Reinet en Jackie oor die kleurryke familielewe van hierdie skrywers en hul nuwe roman, In Limbo.

Brümmer skryf oor die Nagtegaals se twee groot poedels en die pop op hul huis se dak. Die skrywerma en –dogter praat oor Jackie se pogings om ’n boek te skryf ná die suksesvolle Vis in die Punch, die vrou en kind wat sy intussen bygekry het en haar samewerking met Reinet om In Limbo te skep.

Gaan kuier sáám met Brümmer en leer die skrywers agter die boek in hul eie woorde ken:
(more…)


» read article

Kollig op die Nagtegaals

Reinet Nagtegaal en Jackie Nagtegaal

Die Nagtegaals is alles behalwe singengde voëltjies, maar miskien kan ‘n mens sê hulle sit breëbors in ‘n nes en pik fantastiese prosa uit.

Hulle nuwe roman het pas verkskyn, In Limbo, en het klaar die skrywerswêreld aan die gons.
(more…)


» read article

KKNK Kuier met Jackie Nagtegaal en haar nuwe boek, In Limbo

In LimboJackie Nagtegaal Die bekroonde skryfsters Jackie en Reinet Nagtegaal het saam gespan om ‘n insiggewende verhaal te skep wat die delikate verhouding tussen ‘n ma en haar dogter skets.

Die twee lewe in limbo in hulle rykmanswêreld teen die hange van Tafelberg in ‘n huis wat hulle besig is om te “vergroen”. Die ma vedryf haar tyd as lewensmentor saam met haar poedel en katelknaap.

Die dogter gebruik haar winste van ‘n pleistermaatskappy en rits die land vol om opbouende praatjies oor straatkinders te lewer.
(more…)


» read article

Nonagenarian Naka Pillman’s An African Cameo

An African CameoWin a copy of this book with Joho! and Women24 – see details below.

Only in real life do we find coincidences so unbelievably farfetched that the names are changed to safeguard those who wish to remain anonymous. A nationally renowned Japanese artist falls in love with an uncouth South African businessman. He promised her the world and flew her to Johannesburg, only to lock her up as a sex slave and to work as a servant in the flat of his mistress.

This is the heart-rendering story of proposed marriage, heartache, extreme abuse, violence and eventual solace, set against the background of cultural taboos and apartheid pitfalls.
(more…)


» read article