Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Joho!

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Food’ Category

Dirk Nagtegaal maak maermenskos met heerlike resepte

Dirk Nagtegaal

Kok en SkinkerDirk Nagtegaal, die outeur van Kok en skinker, is ‘n man wat lief is vir die soet goed, die ryk, romerige, vetmaak goed in die lewe. Díe dat hy toe effe swaarmoedig raak toe die dieëtkundige hom laat diet. Gelukkig red ‘n vriendin hom met fantastiese, gesonde, resepte vir bouillabaisse, lae GI-brood en vars perskes in wyn vir poeding. Smul lekker saam met Dirk.

Soos dit ’n vetvreter betaam, hou ek van sagte kos verpulp in botter, room, Brie de Meaux, camembert en caciocavallo. Sjokolademousse. Ek hou van biltong met ’n dik, deurskynende vet rand om die vleis te olie op sy pad binne toe. En bros­gebraaide spek saam met my eiers. Ek gebruik graag heldergeel, romerige botter op my brood, tandemerk dik, asseblief, en vars room in alle sop en souse. Ek kan nie slaap voordat ek my nagtelike rytjie Belgiese sjokolade met toe oë gesuig het nie.

En die dieetvrou klap met haar pen op haar boekie en sy lyk vir my presies soos ’n kosspietkop.

“Dis nie die einde van die wêreld nie,” sê sy. “Van vet alleen kan geen mens leef nie. Ons gaan jou ontgif met vars vrugte en groente en water. Daarna stoom ons vis; jy sal ná ’n paar dae lief raak vir die smaak daarvan. Bly vir minstens ’n paar weke van rooivleis en vette af weg,” sê sy.

Boekbesonderhede

Foto te dank aan Rapport


» read article

Dirk Nagtegaal, outeur van Kok en Skinker, maak ontbyt, resepte hier ingesluit

Dirk Nagtegaal

Kok en SkinkerOuteur van Kok en Skinker, Dirk Nagtegaal is ‘n man wat lief is vir die lewe, ‘n man wat die goeie dinge kan geniet. Hy en ‘n sekere Mevrou X het onlangs besluit om ‘n impromptu partytjie te hou – oor hulle kan. Hiermee volg sy resepte vir ‘n ongelooflike ontbyt soos gepubliseer in Rapport. Die Aspersietert klink hemels!

Oktober tussen die Weskus se varkore en hemelblou lug belowe ek almal by die kantoor dat ek vir eers ’n bietjie ondergronds gaan en besige plekke soos raadsale en vergaderings gaan vermy. So kruip November toe salig en sonder afsprake op my af. Vir die res van my vriende is November ’n besige maand. Jaarverslae, jaarbeplannings, jaareindpartytjies en stres steel my vriende se tyd. Ek is eensaam. Voor die hele Gauteng op my toesak, moet ek tog my vriende groet. Ek sien die locals eers weer teen Februarie wanneer almal moeg en gehawend ná Desember se oordaad uit hul wegkruipplekke strompel.

Boekbesonderhede


» read article

Gesels met Dirk Nagtegaal oor Kok en Skinker by Aan de Doorns Wynkelder

Kok en SkinkerKom kuier saam met Dirk Nagtegaal, outeur van die gewilde Kok en Skinker by die Aan de Doorns Wynkelder op die 21ste Oktober 2009.

Besprekings is noodsaaklik!

  • Datum: Woensdag, 21 October 2009
  • Tyd: 6:30 NM vir 7:00 NM
  • Lokaal: Aan de Doorns Wynkelder, Op die R43 vanaf Villiersdorp Padkaart
  • RSVP: Elzabe Morkel, 072 096 9355

Sien jou daar!

Boekbesonderhede


» read article

Kok en skinker: Meer as net ’n kookboek

Kok en SkinkerDirk Nagtegaal

As jy regtig wil, dan kán jy. Dit is kosliefhebber Dirk Nagtegaal se kos-filosofie. In sy eerste kookboek, Kok en Skinker, deel hy sy geliefkoosde, beproefde familieresepte en gee hy wynwenke. Karla Janse van Vuuren het met hom gesels.
 
’n Kookboek wat nie net jou mond laat water met watertand-resepte en kleurvolle foto’s nie, maar wat ook so prakties is dat jou vingers jeuk om te begin kook, is ’n plesier vir elke tuiskok.
 
Dirk Nagtegaal slaag presies hierin met Kok en Skinker. Die boek bestaan uit 16 hoofstukke, elk met ’n eie tema en kleur vir maklike naslaan. Die resepte in elke hoofstuk word aangebied in die vorm van ’n spyskaart. Aan die einde van die hoofstuk kom die skinker aan die woord met kort, maar kragtige wynkennis.
 
“Baie mense het geen kennis van wyn nie. Ek gee baie kripties ’n basiese indeling van wynsoorte, smake, aroma en geure. Ek probeer dit orden en is oortuig as jy net dít weet, weet jy alreeds heelwat. Wyn kan baie tegnies raak en mense intimideer. Die idee van die wyn-afdeling is juis om die leser ’n gevoel te gee van ‘ek weet darem ook iets’.”
 
Kok en Skinker kom al met ’n lang pad, vertel Nagtegaal.
 
“Elke keer as een van ons vier broers skool verlaat het, het my ma vir daai boetie so redelike lywige saamgestelde boek van sy gunsteling-resepte gegee. My ma het resepte getoets en versamel en het oor die 1 000 kookboeke gehad en pakke en pakke van sulke wit kaartjies met resepte op.”

Boekbesonderhede


» read article