Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Joho!

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Poetry’ Category

Video: Nicole Holm lees van Jeanne Goosen se verse by Versindaba 2009

LouoondElders aan diensOns is nie almal so nieLiefhebbers van die Afrikaanse skrywer en digter Jeanne Goosen het hierdie jaar ‘n ware present gekry by Versindaba 2009. Nicole Holm het met passie van haar verse daar voorgelees. Jeanne Goosen is die digter agter Elders aan diens en die outeur van Ons is nie almal so nie asook die treffer, Louoond.
Kyk gerus:

YouTube Preview Image

Book details


» read article

Lees Elna Crouse, outeur van Gestaltes van ‘n dogter, se gedigte

Gestaltes van 'n dogterElna Crouse is die outeur van die digbundel, Gestaltes van ‘n dogter wat handel oor die verhouding tussen ‘n ma en haar dogter . Ons het ‘n paar van haar gedigte op die internet raakgeloop so, vir ‘n bietjie poësie na middagete, lees verder…

Afrikaans

ek kan my oë vlugtig oor die boekblaaie stuur

die woord staan pretensieloos op papier

foneties in skryfsimbool uitgestal

maklik vir die tong om op te tel

in klanke aards en rond

wat ribbelend op r’e rol

grinterig in g’s gons

en vloei uit my mond

soos water oor spoelklip

die bron is ‘n hartfontein

wat opwel en oorloop en vul

leegtes vanaf harspan tot abdomen

Boekbesonderhede


» read article

Twee vars gedigte deur Joan Hambidge

PalindroomDadJoan HambidgeDie ewig omstrede, maar ook uiters produktiewe, digter Joan Hambidge se twee nuutste gedigte handel oor die dood van Michael Jackson, manlikheid en die digkuns.

In “Michael Jackson” word die ikoon se sprokieslewe besing, maar tog vermy Hambidge nie die aantygings wat daar teen Jackson was nie.

In “Maak oop die venster” word op Hambidge se kenmerkende postmodernistiese wyse met Loftus Marais, Johann de Lange en Carol Ann Duffy in gesprek getree.

Michael Jackson (1958–2009)

Jy was nie
van hierdie wêreld nie:
jy skep ’n Neverland,
jou kasteel met prinse
in ’n verdroomde feëverhaal
weg van jou bitter jeug.
Hier abdikeer jy nooit
jou posisie as die Koning van Pop:
jy herskep jouself
word ’n Gemmerbroodmannetjie
- spieëltjie, spieëltjie aan die wand,
wie’s die rykste in die land?

(more…)


» read article